Hoekom dit nou reën in Suid Afrika

Die laaste 10 dae reën dit so lekker hier in Gauteng en eks regtig dankbaar teenoor die Vader daaroor, ook vir die ander areas wat dit so nodig het. ‘n Paar dae voor dit so gereën het was daar op “Facebook”
video’s en posts oor hoekom dit nie reën nie en toe voel ek om te begin dankie sê vir Jesus vir die reën en dit beveel om te kom. Ander persone van geloof het ook so begin net bid vir reën en dankie se alhoewel daar geen teken was van reën wat kom nie. Net die dag daarna het die reën begin val elke dag!

Wat ek graag wil by uitkom is die idee wat Christene kwyt raak dat daar droogte is omdat Suid Afrika ver van God af is en moet terug draai of moet bekeer word(die bekeer is gewoonlik
dat mense hulle lewens vir God moet gee)

Ook word daar Ou testament en Ou verbond voorbeelde gebruik. Nou daarin wil ek nie veel se behalwe dat Christus nie as voorbeeld gebruik word nie, waarin die probleem lê, want dan word die idee dat God reën weerhou mooi uitgebeeld word soos in Ou Testament tye van droogte en straf a.g.v sonde.

Maar! Ons is nou in Christus en Hy is die wil van God wat aan ons  gemanifesteer het! Soos die Vader gesê het : “Hierdie is My Seun, Luister na Hom!”

Ek het so gedink aan Jesus in die boot saam met die dissipels en die storm was woes en hulle het gevrees vir hul lewens, maar Jesus slaap! Hulle maak Hom wakker en se vir hom gee U nie om dat ons vergaan nie. Jesus gee die antwoord : Hoekom is julle bang? Asof hulle nie moes bang wees nie? Toe se Hy vir die storm om stil te word en dit was so!

In vandag se tyd en in sekere Christelike bewegings sal Jesus se storie in die boot anders gelyk het. Jesus sou wakker word en vir Sy dissipels dadelik bewus gemaak het van hul sonde en hoe hulle nou net soos Jona is wat verkeerde besluit gemaak het en dat dit God is wat die storms veroorsaak het, waar God net wag dat hulle moet terug draai en hulleself bekeer.

Maar dis tog nie hoe dit uitgedraai het nie, met Judas wat Hom gaan verraai vra Jesus nog steeds:  hoekom is “julle” bang? Ook praat Hy met die storm asof dit nie Sy Vader is wat die storm gestuur
het nie.

Wat ek wil se vandag is dat dit nie God is wat dinge weerhou nie en Hy ook nie eers iets doen wanner mense almal bekeer is nie. Ja ons moet tot volle realiteit kom van God se Koninkryk soos die woord “Bekeer” beteken in Mat 4:17 om ons gedagtes te verander want die koninkryk het naby gekom. Ook ja mens moet God se vergifnis aanvaar en so kan ons daarin leef.

Wie is ons vandag? God se volk? Sy kinders? Wat interessant is as ons dit deur Jesus se voorbeeld kyk dan sien ons Hy gesê ons gaan kan doen wat Hy doen en meer! Maar as ons onsself nog in ‘n Ou
verbond perspektief plaas is ons nie waardig en kan net hoop dat God ons genadig sal wees.

Sien in die Ou verbond moes die volk die verbond se reëls hou soos ‘n kontrak en as hulle dit gebreek het moes God Sy deel van die kontrak nakom wat straf ingehou het. Dan ook moes die volk offers maak vir hulle sonde en dat hulle die verbond se reëls gebreek het maar dit het nooit gehou nie want hulle offer was nie waardig om hulle vry te maak nie en hulle was net bewus van hulle sondige natuur.

Hier in die nuwe verbond het ons Jesus wat die verbond perfek gehou het en nie gesondig het nie, ook het Hy nuwe verbond gemaak met die Vader, nie ons nie. Laastens het Hy die perfekte offer geword vir ons en Hy het Sy bloed tot in die hemele gevat en daar die offer gemaak se dit in Hebreërs 9.

24:Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom wat deur mense gemaak is en net ‘n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn.  25:Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie. 26:Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem.

So wanner ons in Christus is het ons nie rede om skuldig te voel nie want die perfekte offer was gemaak, daar wag nie straf vir ons nie want ons lewe is nou in Hom.Ons is in die nuwe verbond want ons is in Christus en so het Hy ons ‘n nuwe natuur ook gegee wanner ons ons gedagtes verander na Sy koninkryk wat Heers en hier is want Hy is nou binne ons!

Jesus kom en se Hy is die eerste geborene tussen baie broers en daai broers is ons! Maar nou hoekom het die storm gekom terwyl Jesus dan in die boot was? Want die vyand bestaan regtig ook, maar ons het gesag deur Christus om vir hom te se wat om te doen soos Jesus met die storm. Dit se in Romeine 8 v 28-34

28:Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29:Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30:Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook  vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie 31:Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32:Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? 33:Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34:Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

Hoekom werk dinge ten Goede? Want ons wat in Christus is sal dinge te goede meewerk omdat Hy vir ons is en omdat Hy ons vorm in Sy beeld. Daarom praat ons met die storm en die storm moet luister. Daarom praat ons met die weer en se reën, kom! Ons is nie meer sondaars nie ,maar ons is seuns en dogters van ons vader.

Jesus het jou lief en daar is niks wat jy daaromtrent kan doen nie.

Dankie

Carlo Merrick
Carlo Merrick